SME Ekonomiese Herwinnings Leningskema weer bekend gestel

Die Namibiese ministerie van finansies en die Bank van Namibië sal die SME Ekonomiese Herwinning Leningskema môre weer bekendstel in ‘n poging om klein en medium ondernemings te ondersteun wat die afgelope jare met uitdagende ekonomiese toestande gekonfronteer is. Die herbekendstelling sal van halftien die oggend tot een-uur die middag regstreeks op die Bank van Namibië se Facebook-blad uitgesaai word. Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van strategiese kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.