EU beveel Covid-toetse vir reisigers uit China aan

Die Europese Unie het ten sterkste aanbeveel dat sy lidlande Covid-toetse instel vir alle passasiers voordat hulle uit China daarheen vertrek. Die aanbeveling volg op Beijing se planne om die reisbeperkings vir sy inwoners op 8 Januarie te verslap, ondanks die nuwe vlaag infeksies wat hospitale en begrafnisondernemers in dié land onkant betrap het. Die EU sê sy benadering spruit uit die  behoefte aan voldoende betroubare data. Hy beveel ook aan dat alle passasiers wat van en na China reis, maskers dra.