Rob byt glo Amerikaanse aktrise op Clifton-strand

‘n Amerikaanse aktrise, Loulou Taylor, is een van die slagoffers van ‘n rob-aanval op Clifton-strand in Kaapstad. Taylor wat tans in Suid-Afrika woon, sê sy is ses keer gebyt en het beserings aan haar vingers opgedoen. Sy is bekend vir haar rol in die TV-reeks Raised by the Wolves. ‘n Video is wyd op sosiale media gesirkuleer oor dié rob-aanval. Craig Lambinon van die Nasionale Seereddings-instituut waarsku baaiers om onmiddellik mediese hulp te kry indien hulle gebyt is, aangesien die wonde lelik kan ontsteek.