SA polisieminister hou van ronkerjakker  

Die Suid-Afrikaanse ministerie van polisie het die afgelope vier jaar meer as agt miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan vlugte vir minister Bheki Cele en sy adjunk, Cassel Mathale. Nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die syfers bekendgemaak na aanleiding van ‘n parlementêre vraag van die DA-LP Andrew Whitfield. Masemola sê Cele het 85 vlugte regoor die land onderneem om onder meer misdaadtonele te besoek, begrafnisse van vermoorde polisielede by te woon en vir ‘n presidensiële imbizo in Mpumalanga. Whitfield sê die redes vir die reise was om voor die kameras te rinkink.