EU bespreek entstof-eiendomsreg

Die Europese Unie is gereed om die tydelike opskorting van entstof-eiendomsreg te bespreek, sê die Europese Kommissie se President, Ursula von der Leyen. Sy sê die EU sal enige voorstel oorweeg wat die Covid-krisis doeltreffend en pragmaties takel.