Boulter se borgtogverhoor duur môre voort

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, se borgtogverhoor duur vir ‘n derde dag môre in die landdroshof op Outjo voort. Dit is deur die Kunene-streek se Adjunk-Kommissaris Rudolf Kanyetu bevestig. Boulter se Sielkundige, Charine Glen-Spyron, het vandag vir hom getuig. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk wat op 27 Februarie ná ‘n noodlottige skietvoorval op die Brit se plaas Kaross in die Kamanjab-distrik. Boulter is in die hand gewond en sedertdien onder polisiebewaking in verskeie hospitale.