Bejaardes aangemoedig om in te ent

Die Wes-Kaap het vroeër vandag sy “Kom ons doen dit”-inentingsveldtog van stapel gestuur om inwoners ouer as 60 jaar aan te moedig om op die regering se elektroniese inentings-data-stelsel vir hul inenting te registreer. Volgens die provinsie se Gesondheidsdepartement het slegs ‘n kwart van die mense wat kwalifiseer, tot dusver geregistreer. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, gesels met Premier, Aland Winde en Dr. Nomafrench Mbombo.