Etunda lê groenskema-uitdagings bloot

Terwyl die Namibiese regering deurloop onder kritiek oor sy besluit om groenskemas uit te verhuur aan privaatondernemings om sodoende produksie te verbeter, blyk Etunda om ‘n uitstekende voorbeeld van uitdagings met die huidige stelsel te wees. Volgens wat berig word, is daar tans net 30 uit 68 drie-hektaar plotte wat benut word. Boere kla oor die koste van kunsmis wat hulle sê van 300 Namibiese dollar tot 1 000 dollar gestyg het en sê hulle moet water en krag ook betaal. Maar, dit beteken nie dat die ander, onproduktiewe plotte leeg is nie. Daar word berig dat families wat reeds ‘n geruime tyd produksie gestaak het steeds daar woonagtig is omdat hulle nêrens het om heen te gaan nie. Sommige is sedert 1992 daar, al is hulle nie produktief nie. Die bepaling is ‘n maksimum van 15 jaar.