Durban sê toerisme herstel baie goed

Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, sê plaaslike toerisme is beslis op die pad na herstel met die afgelope naweek se sportgeleenthede wat gesorg het dat hotelle en bed-en-ontbytgeriewe vol bespreek was. Die gevolg is ‘n ekonomiese inspuiting van meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die stad se bruto binnelandse produk. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Msawakhe Mayisela, sê direkte besteding was sowat 2,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand met meer as 2 000 werksgeleenthede wat geskep is: