DA vies oor roof van Duitse toeris by Kruger

Nes in Namibië, het Suid-Afrikaanse owerhede ook te doen met toeriste wat deur misdadigers geteiken word. Die DA in Mpumalanga het die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin veroordeel. Die slagoffer en drie ander het na die Numbi-hek naby Witrivier gery toe drie gewapende aanvallers hulle voorgekeer en beveel het om uit te klim. Die bestuurder het egter die deure gesluit en is toe deur die venster geskiet. Trudie Grovè-Morgan het ‘n beroep op owerhede gedoen om ‘n misdaadbekamping-strategie te formuleer om toeriste te beskerm: