Etosha-grens nie geskik vir veeboerdery nie – medediningskommissie

Die Namibiese Mededingingskommissie het die jongste goedgekeurde samesmeltings van besighede bekend gemaak. Die aankoop van Volouiga Farming en Etosha View Farming deur Little Etosha Conservation Holdings is deur die kommissie goedgekeur. Volouiga se grond vorm deel van die swart renoster bewaardersprogram van die ministerie van die omgewing en Little Etosha fokus ook op wild en bewaring. Die kommissie sê daar is geen impak op mededinging met die samesmelting nie en dat die veeboerdery saam met al die werkers geskuif word na ‘n nuwe plaas naby Outjo, dus sal daar geen werksverliese voorkom nie. Volgens die kommissie is dit ook baie moeilik om ‘n veeboerdery op die grens van die Etosha Nasionale Park te bedryf en die plase wat aan die park grens is nie geskik vir veeboerdery nie.