Oortreders van maatreëls sal gearresteer word, ongeag die risiko

Die Namibiese polisie het kommer oor oortreders van maatreëls ingevolge die pandemie omdat die persone wat in hegtenis geneem word, ‘n gevaar inhou vir bestaande gevangenes omdat hulle moontlik Covid in die selle kan laat versprei. Die polisie-hoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het ook vroeër aan Kosmos bevestig dat dit moeilik is om Covid in aanhoudingselle te bekamp maar, oortreders moet in hegtenis geneem word. Die selle is reeds volgens hom oorvol wat die saak verder bemoeilik. Hy het lede van die publiek daaraan herinner dat terwyl daar uitdagings bestaan, sal oortreders gearresteer word. Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab het bevestig dat sou jy maatreëls oortree en die relevante boetes betaal, jy ‘n kriminele rekord sal hê.