Etosha: Baie gepraat oor paaie, waar’s die tenders?

Die Tender Bulletin berig dat daar steeds geen tender uitgesit is vir die opgradering van 1 000 kilometer van die paaie in Etosha Nasionale Park nie. Die ministerie het onlangs gesê hy sal 700 miljoen Namibiese dollar oor die volgende vyf jaar bestee. Die bedrag is aansienlik hoër as wat die ministerie self kan toeken en dus, val dit in die hande van die Sentrale Verkrygingsraad maar, die raad het steeds nie standaard dokument van die ministerie ontvang nie. Ekwao Consulting is aangestel om die omgewingsimpak-studie uit te voer vir ‘n klein deel van die roete en belanghebbendes het tot 22 September gehad om te registreer. Intussen is Tulipamwe Consulting Engineers aangestel, sonder enige openbare tenderproses. Die publikasie het ook sy kommer uitgespreek oor aanmerkings deur die Padfonds-administrasie hoof Ali Ipinge wat onlangs gesê het 200 miljoen dollar is sedert 2020 bestee op 271 kilometer se paaie in die park maar, geen tender kon vir die werk gevind word nie.