Ethiopië: geweld brei uit

Die Veiligheidsraad van die VN het sy kommer uitgespreek oor die uitbreiding en toename in militêre botsings in die noorde van Ethiopië. Daar word gevrees duisende mense het gesterf en meer as twee-miljoen is die afgelope paar weke dakloos gelaat. Die Ethiopiese weermag het gewese soldate opgeroep om weer aan te sluit, terwyl rebelle dreig om die hoofstad Addis Abeba aan te val. Die Mexsikaanse ambassadeur by die VN, Juan Ramón de la Fuente Ramírez, sê die Veiligheidsraad doen ‘n beroep dat vyandelikhede gestaak word: