Poste by NAC is ‘n slenter

Daar is al weer ‘n slenter op sosiale media wat beweer dat die Namibiese Lughawensmaatskappy skoonmakers vir nagdiens by sy lughawens soek. Aansoekers sou ‘n fooi moes betaal om ‘n onderhoud te bekom. Die maatskappy het die slenter ten sterkste veroordeel en sê sou hy vakante poste hê sal dit in die media en op sy webtuiste geplaas word. Dan Kamati, woordvoerder by die maatskappy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.