Eskom vergader met privaatsektor
Eskom in Suid-Afrika het met uitvoerende hoofde en top-leierskap van meer as 70 privaat instellings beraadslaag om volhoubare oplossings te vind vir die land se elektrisiteitskrisis. ‘n Woordvoerder van die kragverskaffer, Sikonathi Mantshantsha, sê vier areas is uitgewys waar die sakesektor ‘n praktiese en betekenisvolle bydrae kan lewer tot volhoubare eletrisiteitsvoorsiening. Hy sê dit sluit geleenthede in vir ondernemings om in hulle eie opwekkingsprojekte, asook in onafhanklike kragverskaffers te belê, en ondersteuning aan sekerheidsingrypings om elektristeitsinfrastruktuur te beskerm.