Boere, hul beursies, en veilings

Kontantvloei is tans ‘n probleem vir boere in Namibië. Miljoene word aan boere deur Meatco geskuld en die maatskappy het nou ‘n lening van 200 miljoen Namibiese dollar bekom om van die skuld te delg, maar, miljoene is ook uit boere se sakke gehaal met beleggings in Mecki Schneider se Beesvleis Waardekettings-forum. En met bek- en klouseer in die buurland, vertoon die speenkalfbedryf swak. Dit beïnvloed alles pryse wat op veilings behaal word. Landboukenner, Wallie Roux gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.

En in sy mening is die neiging afwaarts.