Eskom stel fase twee-beurtkrag tot Woensdag in

Fase twee-beurtkrag sal van vandag tot Woensdag, tussen vier-uur in die middag en middernag, in werking gestel word. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle sal probeer om beurtkrag tot saans te beperk om die uitwerking op die ekonomie en die land se inwoners so ver moontlik te beperk. Hy sê beurtkrag sal gebruik word om noodopwekkingsreserwes gedurende die nag aan te vul en opwekkingskapasiteit te versterk: