Afrika Agri-beleggingsindaba vind in Kaapstad plaas

Die vyfde jaarlikse Afrika Agri-beleggingsindaba is van 14 tot 16 November terug in Kaapstad in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Meer as ‘n duisend belanghebbendes sal op die geleentheid neigings bespreek wat voedsel- en landbousake-ekonomie vir Afrika in die volgende dekade sal beïnvloed. Die Afrika Landbouraad se uitvoerende hoof, Ben Leyka, sê die konferensie sal die Afrika-vasteland as ‘n landbou-onderneming en beleggingsbestemming bevorder. Die geleentheid sal die vloei van kapitaal vergemaklik om produksievermoë te verhoog en Afrika se voedselstelsels te versterk.