Bulle takel môre Exeter Chiefs in ysige koue

Die Bulle speel môre in Engeland teen die gedugte Exeter Chiefs. Afrigter Jake White gaan nie veel torring aan sy “B-span” nie. White sê onder meer die druk program het hom genoodsaak om sy spelers basies in twee groepe te verdeel. Die president van die Bulle, Willem Strauss, sê die ysige koue in Engeland gaan ‘n groot uitdaging vir die span wees.