Pad tussen Ongwediva en Okatana teen N$55 miljoen opgradeer

Die Namibiese minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het die Ongwediva-Okatana-pad in die Noorde amptelik geopen, wat teen ‘n koste van 55 miljoen Namibiese dollar na ‘n teerpad opgegradeer is. Mutorwa sê die regering bly daartoe verbind om pad-infrastruktuur regoor die land op te gradeer en sodoende handel te versnel, asook om toegang tot kritieke dienste vir sy mense te verskaf. Hy het motoriste versoek om versigtig te bestuur om padongelukke te vermy wat die lewens van Namibiërs eis.