Eskom se aansoek vir 32,7% is immoreel

Die DA in Suid-Afrika sê hy sal sy besware teen Eskom se jongste aansoek om tariewe te verhoog, indien wanneer die energiereguleerder, Nersa, op die eerste van volgende maand openbare kommentare begin aanhoor. Die party sê die kragverskaffer se aansoek om die prys van elektrisiteit met 32,7 persent te verhoog, is immoreel en ‘n belediging vir Suid-Afrikaners wat vanjaar die ergste beurtkrag nóg beleef het. Die DA sê Nersa behoort Eskom se buitensporige tariefaansoek te verwerp omdat sy eerste verpligting teenoor die verbruiker is en nie teenoor die kragvoorsiener nie.