Chinese burger vas in Malawi op haglike klagtes

Lu Ke, ‘n 26-jarige Chinese burger is in Lilongwe, Malawi, op klagte van mensehandel, die uitbuiting van kinders en rassisme aangekla. Hy is in Zambië in hegtenis geneem na hy soontoe gevlug het. Lu het volgens wat berig word, Malawiese kinders verfilm wat rassistiese gesange oor hulself in Chinees sing – wat hulle nie verstaan het nie – en dan die video’s op Chinese sosiale media verkoop vir tot 70  Amerikaanse dollar elk. Dit kinders is nie betaal nie. Senior landdros James Mankhwazi het Lu borgtog geweier, wat beteken dat hy vir die volgende 15 dae in aanhouding sal bly.