DA bevraagteken veilings van eiendomme

Die DA wil weet waarom meer as 1 800 vaste eiendomme opgeveil gaan word. Dit volg nadat die uitvoerende hoof van die Noordwes-behuisingskorporasie, Sello Mogodiri, aangekondig het hy is van voorneme om die eiendom op te veil in ‘n poging om bedryfskostes te verlaag. Die party sal die maatskappy vyf dae tyd gee om te reageer met redes wat tot hierdie besluit gelei het. Die DA-lid Freddy Sonakile sê die party sal ook ‘n volledige oudit aanvra wat die aantal bates bevestig wat in ander provinsies soos die Vrystaat, Gauteng en Noord-Kaap is.