Eskom ontken hy wil 500 wit, manlike personeel afdank

Eskom het aansprake deur die vakbond Solidariteit verwerp dat hy van plan is om werknemers af te lê. Die nutsmaatskappy het die publiek gerusgestel dat daar nie planne of besluite is om van enige werknemers ontslae te raak nie. Eskom beskryf Solidariteit se aansprake as ongelukkig, opportunisties en onprofessioneel. Die vakbond het beweer Eskom wil altesaam wit, manlike 500 werkers oor die volgende twee uit diens stel, ingevolge sy diensbillikheidsplan. Eskom sê hy wil, inteendeel, vaardighede versterk om die kragkrisis teen te werk.