Navo-generaal voorloper in Tsjeggië

Die afgetrede Navo-generaal Petr Pavel lyk na die duidelike voorloper om die miljardêr en voormalige eerste minister, Andrej Babis in die Tsjeggiese presidensiële verkiesing te klop. Internasionale nuusagentskappe berig, die wenner sal Milos Zeman vervang, wat ‘n uitgesproke en verdelende politikus met noue bande met Rusland wqs, voordat hy omgeswaai het toe Rusland Oekraïene byna ‘n jaar gelede ingeval het. Agt kandidate het in die eerste ronde gestaan toe Pavel, Babis met 35,4 persent teen 35 geklop het. Die tweede dag se stemmery het pas begin.