Kawana vra vir verskerpte patrollies teen veediefstal in die Noorde

Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit het ‘n beroep op grensbeamptes gedoen om ‘n einde te bring aan die voordurende gevalle van veediefstal teen die land se noordelike grense. Dr. Albert Kawana het die beroep gedoen toe hy fase een van die Namasira-polisie se opgeknapte kantore in Kavango Wes ingehuldig het. Dit kom na berigte dat net in Zambezi, het boere verlede jaar 2 miljoen Namibiese dollar aan veediefstal verloor. Kawana vra vir verskerpte patrollies op die grens.