Vloede: 215 oorlede in Kentucky, VSA

Kitsvloede wat deur stortreën veroorsaak is, het gelei tot die dood van minstens 215 mense in die Amerikaanse deelstaat Kentucky, en verskeie mense word vermis. Die goewerneur, Andy Beshear, het ‘n noodtoestand in ses gebiede afgekondig ná ‘n reeks vernietigende storms. Hy beskryf die ramp as een van die ergste oorstromings in die staat se geskiedenis en het om federale hulp gevra. Die nasionale wag en die staatspolisie gebruik helikopters en bote om gestrande mense te red. Meer as 24 000 huishoudings is intussen sonder krag gelaat.