Dele van VSA in greep van ysige Arktiese lugmassa

‘n Gevaarlik-ysige Arktiese lugmassa het ‘n groot deel van die Verenigde State in sy greep. Weerkundiges waarsku die winterstorm van rekord-afmetings sal waarskynlik die reisplanne van miljoene Amerikaners in die wiele ry. Meer as 4 400 vlugte is reeds die afgelope twee dae gekanselleer. Die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie sê die kombinasie van sneeu en wind kan lei tot storm-toestande in verskeie gebiede, wat reis gevaarlik, en soms onmoontlik sal maak.