Damme: Ooste vertoon sleg, amper ‘n miljoen kubiek uit sentrale damme in sewe dae onttrek

Namibiese damme is tans gesamentlik 74,9 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Suide-damme is gesamentlik 83,9 persent vol, ondanks ‘n verlies van 2,054 miljoen kubieke water wat uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek is. Die Neckartaldam is 96 persent vol en die Nautedam staan op 84,5 persent. Sentrale damme is tans 45,1 persent vol teenoor verlede jaar se 66,5 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 39 persent. Daar is net minder as ‘n miljoen kubieke meter water in ‘n week uit die damme onttrek. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 16,7 persent vol teenoor verlede jaar se 30,7 persent met Otjivero op 23,8 persent.