Eskom in Gauteng beleef uitdagings met beperkte mini-substasies

Eskom in Gauteng beleef uitdagings weens die beperkte voorraad mini-substasies wat lei tot vertragings in die vervanging van infrastruktuur. Die kragvoorsiener sê vele mini-substasies breek omdat die netwerk oorlaai word weens onwettige verbindings, ‘n gepeuter met meters, onwettige bedrywighede op die elektrisiteitsnetwerk, vandalisme en diefstal van elektriese toerusting. ‘n Woordvoerder, Amanda Qithi, sê Eskom het groot hoeveelhede toerusting wat herstel of vervang moet word.