Elektristeitsproduksie in Namibië daal met 24,8% in Julie

Plaaslike produksie van elektrisiteit in Namibië het in Julie met 24,8 persent gedaal, in vergelyking met die vorige maand, met onafhanklike private produseerders wat 54,4 persent tot elektrisiteitsproduksie bygedra het. Volgens ‘n verslag van die Namibië Statistieke-agentskap het Namibië in Julie 50,9 persent elektrisiteit van Suid-Afrika ingevoer, gevolg deur 27,3 persent van Zambië en 12,4 persent van Zimbabwe.