Inenting beste beskerming teen nuwe Covid-variante

Met nuwe variante van die korona-virus wat nou aan die toeneem is, sê die Suid Afrikaanse medisyne-reguleerder dat om ingeënt te wees, steeds die beste manier is hoe mense hulself teen ernstige vorms van die virus kan beskerm. Volgens prof. Helen Rees, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad, bied die entstowwe steeds beduidende beskerming teen ernstige siekte, hospitalisasie en sterftes. Fritz Platt, ons Kaapse korrespondent …