Duitse tennisspeler uit tronk vrygelaat

Die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker is vandag uit die tronk vrygelaat en sal uit Brittanje gedeporteer word. Hy het net agt maande van sy vonnis van twee en ‘n half jaar uitgedien. Die 55-jarige Duitser woon sedert 2012 in Brittanje en daar word vermoed dat Becker vir outomatiese deportasie kwalifiseer, aangesien hy ‘n vonnis van 12 maande of meer ontvang het en vermoedelik nie Britse burgerskap het nie. Sy vrylating is vroeër as wat verwag is, want daar is oorspronklik geglo hy sou die helfte van sy termyn uitdien. Becker is in 2017 bankrot verklaar en het byna 50 miljoen pond geskuld op ’n onbetaalde lening van meer as 3 miljoen pond op sy landgoed in Mallorca.