Gaob |Gaseb is nuwe voorsitter van Tradisionele Leiers

Gaob |Gaseb is verkies as die nuwe voorsitter van die Raad van Tradisionele Leiers in Namibië. Die ander wat vir die posisie meegeding het, was Fillemon Nangolo en kaptein Samuel Witbooi. Die pos van ondervoorsitter bly vakant nadat twee stem-rondes ‘n dooiepunt bereik het tussen Tjinaani Maharero en Ismael Hendrick Witbooi wat albei ‘n gelyke aantal stemme tydens beide rondes gekry het. In sy aanvaardingstoespraak sê |Gaseb hy is verheug om die tradisionele owerhede te dien en dat spanwerk die norm sal wees om kulturele norme en waardes van alle tradisionele groepe te bevorder, asook eenheid te bevorder.