Dieseltekorte sal landbou lamlê

Dieselvoorsiening is tans ‘n uitdaging regoor die wêreld, ook so in die VSA waar sommige dele van die land rantsoenering toepas, en ook in Europe met ‘n langdurige staking in Frankryk by die land se raffinaderye. Gepaard met die sterk Amerikaanse dollar, is dit die rede hoekom die brandstof se prys so skerp gestyg het. Maar wat sou gebeur as daar werklik tekorte plaaslik of in die streek, moet voorkom. Die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe het dit so vir die buurland se landboubedryf uiteengesit.