Erongo sukkel met dwelms, veral skunk, Mandrax

Die polisie in die Erongo-streek het tussen Januarie en Oktober vanjaar op dwelms ter waarde van meer as 1 miljoen Namibiese dollar beslag gelê. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê dat skunk-dagga en Mandrax die dwelms is waarop die meeste beslag gelê word, met skunk ter waarde van amper 846 000 dollar en Mandrax ter waarde van 196 450 dollar wat gekonfiskeer is. Dwelms is nie net in die Erongo-streek ‘n uitdaging nie maar, kom regoor die land voor. Shapumba het ‘n beroep op die publiek gedoen om te help deur dwelmverwante misdade en handelaars aan te meld, wat volgens hom uiteindelik sal lei na ‘n afname in die beskikbaarheid van dwelms.