The people have spoken – Warnock

Die Demokratiese kandidaat vir die Georgia Senaatsetel, Raphael Warnock het 50,8 persent van die stemme op hom verenig teenoor sy Republikeinse teenstander Hershel Walker. Die herverkiesing was genoodsaak deur die deelstaat se kieswet wat ‘n minimum van 50 persent van die stemme vereis vir ‘n meerderheid. Die uitslag maak nie veel van ‘n verskil nie omdat die Demokrate reeds beheer het van die Senaat. Warnock het sy ondersteuners bedank.

En Hershel Walker, ‘n Trump-kandidaat’ het met grasie toegegee en gesê Amerikaners moet die Grondwet respekteer.