Erongo se klaskamer-tekorte dwing roterende klasbywoning

Die tekort aan klaskamers in die Erongo-streek het skole in Swakopmund en Walvisbaai genoodsaak om weer klasbywoning te roteer. Die streek se onderwysdirekteur Erenfriede Stephanus sê sosiale afstand kan glad nie gehou word by party skole nie en nie alle instansies het genoegsame fondse om gereeld klaskamers te reinig nie. Stephanus voeg by dat ‘n verdere 16 klaskamers op die oomblik gebou word maar dat die streek nog skole nodig het.