Gary Player se vrou, Vivienne, oorlede

Die Suid-Afrikaanse gholf-legende, Gary Player, se vrou is oorlede ná ‘n stryd teen pankreaskanker. Vivienne Player het die nuus in Junie verlede jaar ontvang en haar man het in Augustus op Twitter gesê sy is ten spyte van die skokkende diagnose op die herstelpad. Die egpaar het in Januarie vanjaar hulle 64ste huweliksherdenking gevier. Hulle het ses kinders, 22 kleinkinders en twee agterkleinkinders. Player, wat tydens sy loopbaan 167 toernooie, insluitend nege majors gewen het, het altyd baie van sy sukses aan sy vrou se ondersteuning toegeskryf.