Erongo-polisie sukkel met dwelms

Die Namibiese polisie sê twee 19-jarige verdagtes is oor die naweek op Arandis in hegtenis geneem in besit van dagga en Mandrax. Die dwelms was ongeveer 3 000 Namibiese dollar werd. In Swakopmund is ‘n 26-jarige verdagte vas vir die besit van kokaïne en Mandrax ter waarde van 1 120 dollar. Nog ‘n verdagte is in Mondesa vas vir 5 500 dollar se dagga en Mandrax. In die noorde van die land op Ondangwa is nog ‘n verdagte vir dwelms gearresteer. Owerhede beweer dat hy nie net handel met dagga bedryf nie maar dit ook aanplant by sy huis op die dorp.