Bushiri was nie in SA nie, steeds in Malawi

Die Valke sê hulle gaan nie kommentaar lewer op bespiegelings dat die voortvlugtige selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri Suid-Afrika die afgelope paar maande besoek het nie. Media in die buurland berig dat Bushiri by drie geleenthede in die land was sedert hy verlede jaar saam met sy vrou Mary na Malawi gevlug het. Die woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê dit is ‘n algemene kennis dat Bushiri tans in sy geboorteland is en dat ‘n proses om hom uitgelewer te kry deur die toepaslike owerhede hanteer word.