Die Presidensie en die media

Die Presidensie is in die spervuur met president Hage Geingob se woordvoerder Alfredo Hengari wat herhaaldelik die media beskuldig van ‘n politieke agenda wanneer daar vrae oor Geingob gevra word. In die mees onlangse geval, die presidentsegpaar se kinders wat saam is na Dubai toe vir die COP28 vergadering. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die probleem is nie die media nie, die probleem is die president wat homself in die media plaas.