Onluste: 150 000 poste in weegskaal in KZN

Sowat 150 000 poste hang in die weegskaal in KwaZulu-Natal as gevolg van die plundering en geweld verlede week. Die waarnemende minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die plundering het KwaZulu-Natal se bruto binnelandse produk teen ‘n bedrag van twintig miljard Namibiese dollar beïnvloed. Altesaam 40 000 ondernemings is geraak deur die plundering en geweld in die provinsie. Die skade aan die Gautengse ekonomie word tans bereken. Die minister sê daar was die afgelope 24 uur geen berigte oor geweld of plundering nie.