Ernest Schackleton se Endurance-boot mag vernoem word

Die agter-agter-kleinniggie van die legendariese ontdekkings-reisiger Ernest Shackleton het toestemming gekry om haar kafee-boot Endurance na sy boot te vernoem wat tydens ‘n vaart na Antarktika vergaan het. ‘n Boot met daardie naam het langer as ‘n eeu gelede laas in Engeland vasgemeer. Die land se registrasiekantoor het ‘n uitsondering gemaak in die geval van Anna Shackleton danksy haar verwantskap aan die beroemde reisiger. Die wrak van die Endurance is in Maart uiteindelik in die Weddell-see opgespoor.