Vliegtuigbrandstof-tekort by Kaapstad-lughawe raak vlugte na Namibië

Twee vlugte van FlyNamibia vanaf Kaapstad via Oranjemund na Windhoek se Hosea Kutako Internasionale Lughawe is reeds vir vandag gekanselleer. Dit volg nadat die Lughawens-maatskappy Suid-Afrika, Acsa, waarsku voortgesette druk op voorrade van vliegtuigbrandstof by die Kaapstad Internasionale Lughawe kan vlug-skedules beïnvloed. ‘n Verslag van brandstof-verskaffers toon verdere vertragings in die lewering van vliegtuigbrandstof aan die lughawe. Lugrederye is versoek om tegniese stilhouplekke te gebruik om brandstof in te neem. Passasiers word versoek om voortdurend ʼn ogie op verwikkelinge te hou. Acsa sê hy sal steeds met lugdienste saamwerk om die impak op vlug-bedrywighede te beperk.