Eric Nobbs sterf op 68

Die bekende Suid-Afrikaanse akteur Eric Nobbs is Sondagmiddag oorlede. Nobbs, 68, is bekend vir sy rol in Die Byl, Lui Maar Op, Belinda, Moordenaars Karoo en Orkney Snork Nie. Daar is nog nie ‘n oorsaak van dood bekend gemaak nie maar daar word berig dat hy ‘n hartaanval gehad het. Sy vrou, Desré Nobbs, het die nuus op haar Facebook-blad bekendgemaak. Nobbs het in 1978 sy professionele debuut gemaak.