Ergste is nog op pad – Augustus en September

Die ergste is nog lank nie verby nie, het President Hage Geingob in sy Covid-toespraak gesê. Hy het gesê die stygende vlak van blootstelling is baie kommerwekkend as gevolg van die uiters oordraagbare aard van die virus. Vooruitskatting van kundiges dui aan dat die stygende voorkomskurwe tydens die derde vlaag na verwagting ‘n hoogtepunt teen middel Augustus sal bereik en dat dit tot middel September kan voortduur.