G20-lande moet meer bystand bied tydens pandemie

Die hoofde van die Wêreldbank-groep, die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Wêreldhandelsorganisasie het ‘n taakspan saamgestel om die lewering van Covid-19 hulpmiddels aan ontwikkelende lande te volg, te koördineer en te verbeter. Die hoofde van die organisasies sê hulle is diep bekommerd oor die gebrek aan entstowwe, terapeutiese middels, diagnose en ondersteuning vir die lewering van entstowwe aan ontwikkelende lande. Hulle doen ‘n beroep op G20-lande om meer Covid-19 entstowwe te deel, wat insluit die versekering dat daar onmiddellik begin word om minstens 1 miljard dosisse aan hierdie lande te verskaf.