Erfreg diskrimineer teen vroue: Schlettwein

Histories is erfenis in Namibië deur ‘n dubbele stelsel gereguleer met die effek dat ‘n persoon se boedel verdeel kan word óf in terme van siviele óf gewoontereg, met ras as die bepalende faktor. Onder siviele reg erf die oorlewende eggenoot en kinders van die oorledene wanneer daar nie ‘n testament is nie, maar hulle word uitgesluit in terme van meeste gewoontereg-stelsels in die land. Hierdie kwessie is in die Nasionale Vergadering bespreek, waar Grondhervorming-minister Calle Schlettwein gesê het Namibië se erfreg diskrimineer steeds teen vroue.